Waterkrisis in KZN: "Munisipaliteit wys gratis hulp van die hand"

Inwoners van die KwaZulu-Natalse suidkus is moedeloos oor die waterprobleem in dié gebied.

PORT SHEPSTONE - Inwoners van die Ugu-distriksmunisipaliteit aan die KwaZulu-Natalse suidkus sê die R19-miljoen wat die regering bewillig het om dié gebied se waterprobleem op te los, is 'n druppel in die emmer.

Die munisipaliteit gaan al minstens tien jaar lank onder 'n watervoorsieningskrisis gebuk.

'n Pleidooi dat dit tot 'n rampgebied verklaar moet word, het tot dusver op dowe ore geval.

Source
eNuus

Paid Content