Weermag dalk weer terug op Kaapse Vlakte

Die minister van Polisie doen 'n beroep op Wes-Kaapse owerhede om meer te doen om die polisie by te staan.

KAAPSTAD - Polisieminister Bheki Cele sê die weermag kan moontlik weer op die Kaapse Vlakte ontplooi word om geweldsmisdaad hok te slaan.

Hy het dié gebied Dinsdag besoek na verskeie dodelike skietvoorvalle in die afgelope week.

Inwoners wat vir hulle eie veiligheid vrees, sê hulle hoop Cele se besoek was nie net 'n publisiteitsfoefie nie.

Source
eNuus

Paid Content