Weermag op bystand vir verkiesing

Vier provinsies is as brandpunte vir vanjaar se munisipale verkiesing geïdentifiseer.

PRETORIA - Die polisie sê hulle is gereed om toe te sien dat vanjaar se munisipale verkiesing veilig en regverdig plaasvind.

Die ministers in die kabinet se veiligheidsgroepering het tydens 'n nuuskonferensie in Pretoria gesê alle veiligheidsmaatreëls is in plek.

Bykomende versterkings is reeds in hoërisiko-gebiede ontplooi.

Die weermag is ook op gereedheidsgrondslag geplaas om die polisie by te staan.

Source
eNuus

Paid Content