Wees ná ouers se Covid-dood

'n Kaapse paartjie wat hulle 21ste huweliksherdenking moes vier, het ure uit mekaar aan Covid-19 gesterf.

KAAPSTAD - Die coronavirus het die laaste hoofstuk van Barry en Heidi Volkwijn se liefdesverhaal geskryf.

Dié paartjie van Kaapstad het hulle laaste dae apart in geïnduseerde komas deurgebring, maar op Saterdag, 20 Junie, slegs ure ná mekaar gesterf.

Hulle enigste kind het gehoop die virus sou een van haar ouers spaar, maar vind berusting daarin dat hulle nou weer saam is.

Source
eNuus