Weeskind word beroepsgholfspeler

Llewellyn Barnes, wat vyf maande gelede nog haweloos was, durf in Maart sy eerste toernooi aan.

CENTURION - Van negejarige weeskind, tot hawelose, tot beroepsgholfspeler op 59-jarige ouderdom.

Llewellyn Barnes se pa is in 1970 oorlede, waarna hy in 'n weeshuis en skole beland het, vlak by twee gholfbane in Pretoria.

Met die hulp van die organisasie Back a Buddy het barmhartige Suid-Afrikaners reeds R110 000 ingesamel vir Barnes se eerste deelname aan die senior Sonskyntoer.

Source
eNuus