Werknemers van SANParke dreig met staking

Nasionale Parkeweek is in die Bontebok- Nasionale Park in die Wes-Kaap bekend gestel.

BONTEBOK- NASIONALE PARK -  ‘n Dreigende loonstaking deur werknemers van SANparke kan Nasionale Parkeweek dié week versuur.

Die vakbond Hospersa eis ‘n 8%-salarisverhoging, maar die werkgewer bied slegs 6,5% aan.

Hospersa waarsku daaglikse dienste, waaronder besoekersaktiwiteite soos begeleide staproetes en wildritte, asook die diens by vulstasies, kan ontwrig word.

Veldwagters, veldgidse, petroljoggies, ontvangspersoneel en hutskoonmakers behoort aan drie vakbonde wat met 'n staking dreig.

Nasionale Parkeweek is in die Bontebok- Nasionale Park in die Wes-Kaap bekend gestel.

Dit duur tot Sondag.

Source
eNuus