"Wes-Kaap nié Utopia"

Die derde aanval in twee weke op 'n plaas in die Boland het skokgolwe deur die landbou- en musiekgemeenskap gestuur.

WORCESTER - Die polisie ondersoek nog die omstandighede rondom die sanger Wynand Breedt se moord op 'n plaas in Worcester Vrydagaand.

Breedt, wat ook 'n geliefde musiekafrigter was, is buite sy huis doodgeskiet.

Sy familie sê hy laat 'n groot leemte en sal altyd 'n ster in hulle oë wees.

Volgens die burgerregtegroep, AfriForum, het plaasaanvalle landwyd tydens Vlak 5 van die inperking gedaal, maar die afgelope maand skerp toegeneem.

Source
eNuus