Whatsapp-groep vererger inperkingsdrama

Inligting op ’n Whatsapp-groep genaamd, "Stuck in Mozambique", het groot verwarring onder Suid-Afrikaners in Mosambiek veroorsaak.

KAAPSTAD - 'n Whatsapp-groep wat aanvanklik geskep is om te help met die repatriasie van gestrande Suid-Afrikaners uit Mosambiek, is in omstredenheid gehul.

Dié groep landsburgers het intussen na Suid-Afrika teruggekeer, maar sommige van hulle sê verkeerde en vals inligting wat op die Whatsapp-groep versprei is, het verwarring en onsekerheid by hulle geskep terwyl hulle nog in Mosambiek was.

Source
eNuus