Willem Breytenbach verskyn in hof

Willem Breytenbach is op borgtog van R50 000 vrygelaat op voorwaarde dat hy by sy ma in Hartenbos bly, drie keer ’n week by die polisie aanmeld en geen kontak met getuies mag hê nie.

KAAPSTAD - Die oudonderwyser en voormalige Media24-werknemer wat die middelpunt van 'n skandaal oor beweerde seksuele misdrywe is, het Donderdag vir die eerste keer in die hof verskyn.

Willem Breytenbach is Dinsdag in Hartenbos in die Wes-Kaap in hegtenis geneem.

Dit was nadat die Johannesburgse kopieskrywer Deon Wiggett in 'n reeks podsendings gesê het Breytenbach het hom 22 jaar gelede as skoolseun verkrag.

Source
eNuus