Woef help babakameelperd terug op been

The Rhino Orphanage het ‘n gedehidreerde kameelperdjie ‘n tweede kans op die lewe gegee.

'n Oord vir weesrenosters in Limpopo het hom nou ook oor 'n babakameelperd ontferm.

Die kalfie was maar 'n paar dae oud toe hy verlate en in 'n swak kondisie op 'n wildsplaas gevind is.

Maar danksy goeie sorg, baie liefde en 'n nuwe beste vriend, is klein Jazz besig om te blom.

Source
eNuus