Wynprodusente pak regering in hof

Die skade wat plaaslike wynboere reeds aangerig is weens inperkingsmaatreëls, is onmeetbaar.

PAARL - Honderde wynplase in die Wes-Kaap het Maandagoggend 'n dringende aansoek in die hooggeregshof gebring om plaaslike wynverkope toe te laat.

Dít nadat president Cyril Ramaphosa alle drankverkope op 12 Julie verban het om die verspreiding van die Coronavirus te keer.

Schalk Burger van Welbedacht, Jean Engelbrecht van Rust en Vrede en Charles Back van Fairview het die inisiatief geneem om die hof, met behulp van SAAI, namens wynboere in Suid-Afrika te nader.

Verskeie ander wyntoerismeorganisasies het by die aansoek aangesluit.

Source
eNuus