Ystervroue gereed vir uitdagings van langafstandbestuursbedryf

Ten spyte van toenemende aanvalle op langafstandbestuurders, is daar ‘n groep vroue wat nie skroom om in dié bedryf te werk nie.

KAAPSTAD - Die voortdurende aanvalle op vragmotor- en busbestuurders in die Wes-Kaap is 'n bron van vrees, maar die sogenaamde Ystervroue sê dit sal hulle nie daarvan weerhou om die vervoerbedryf te betree nie.

Die Iron Women-program lei vroue van gebiede soos Delft, Atlantis en Dunoon op om bestuurders te word.

Hulle hoop dat die regering sal intree om bestuurders veilig te hou.

Twee Intercape-busbestuurders is verlede week in afsonderlike skietvoorvalle gewond.

Source
eNuus

Paid Content