Zille sê haar sê oor NGV namens IRV

Volgens Zille is duisende landwyd dit eens dat NGV katastrofies gaan wees vir gesondheidsorg en die armes.

KAAPSTAD - Skriftelike voorleggings oor die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering kan nou tot 29 November ingedien word.

Die aanvanklike sperdatum was 11 Oktober.

Die Instituut vir Rasseverhoudinge se voorlegging is Woensdagoggend ingedien deur Helen Zille.

Die voormalige Wes-Kaapse premier is nou 'n senior beleidsgenoot van die IRV.

 

Source
eNuus