KRUGERSDORP - Honderde maatskaplike werkers kan hul werk kwyt wees weens die Gautengse departement van maatskaplike ontwikkeling se besluit om befondsing aan sekere nie-winsgewende organisasies te besnoei.
Baie van dié organisasies wat op bejaardes, kinders en mense met gestremdhede fokus, sal ook hul deure moet sluit.
Hulle is onlangs deur die departement ingelig dat programme vir veral alkohol- en dwelmmisbruik en jeugontwikkeling voortaan geprioritiseer sal word.
Eugenie Gregan het 'n organisasie in Krugersdorp besoek wat Donderdag die nuus aan hul personeel moes oordra.