KAAPSTAD - ’n Vrou wat deur die Tweede Wêreldoorlog en die bekendstelling van baie nuwe tegnologie geleef het, het onlangs haar 102de verjaarsdag gevier.
Cynthia de Villiers is die oudste inwoner van ACVV Ons Tuiste in Bellville in Kaapstad.
De Villiers sê, hoewel haar oë nie meer so lekker wil lees nie, kan sy boeke skryf oor al haar lewenservarings.