Skok en ongeloof het atlete van die Kaapstad-marathon op 19 Oktober verlede jaar getref.
Hulle is slegs 'n uur en 'n half voor die wegspring verwittig dat hulle droom-marathon afgelas is.
Organiseerders het dit eers aan veiligheidsredes toegeskryf, en later dat stormsterkwinde oornag strukture omgewaai het.
eNuus se Genée White het met dié atlete gepraat.