Die 23ste Suidoosterfees begin eersdaags in Kaapstad, met vermaak en pitkos wat 'n verskeidenheid teater-produksies, visuele kuns, musiek, dans, en besprekings insluit. Vanjaar se tema, "Tuiste", werp 'n blik op die Moederstad as 'n plek waar gehore, kunstenaars EN gemeenskappe kan tuiskom. Kevin Brandt het by die voorbereidings gaan inloer.