277 honde fliek saam vir 'n Guinness-wêreldrekord

Johannesburg, Gauteng - Elke hond kry sy dag, en die gelukkiges sommer ook 'n fliekaand.

Suid-Afrikaanse honde het gepoog om 'n Guinness-wêreldrekord op te stel vir die meeste honde wat saam 'n fliek kyk.

Die vorige rekord van 219 honde is in 2023 in Los Angeles opgestel.

277 honde het by die Eagle Canyon-landgoed aan die Wes-Rand na die gewilde animasieprent Paw Patrol gekyk.

Danksy hul eienaars se donasies, is meer as R5 000 ook vir Soweto's Animal Rescue and Advisory Centre ingesamel.

You May Also Like