Hy word beskou as die meester van Afrikaanse musiek.
En 40 jaar nĂ¡ sy dood draal Koos du Plessis se deuntjies steeds.
Weens die volgehoue belangstelling in die sanger en liedjieskrywer is Erfdeel, 'n boek wat sy lewe en werk saamvat, vanjaar herdruk.
Die boek is deur Du Plessis se dogter, Irma, saamgestel.
Sy vrou, Mornay, het by die bekendstelling daaroor gesels.