Matriekleerlinge wat die 2024 Nasionale Senior Sertifikaateksamen deur die Onafhanklike Eksamenraad geskryf het, het 'n algehele slaagsyfer van 98,47% behaal.
Dis privaat skole se beste slaagsyfer in vyf jaar.
Onder dié skole tel Helpmekaar Kollege in Johannesburg wat 'n 100% slaagsyfer én 100% toelating tot tersiêre studie behaal het.
eNuus het met die toppresteerders gesels oor hulle suksesresep en toekomsplanne.