DStv Channel 403 Saturday, 27 April 2024

ActionSA verlaat koalisie in Ekurhuleni

ActionSA sê hulle is veral ontevrede oor dienslewering in die Ekurhuleni.

ActionSA het besluit om die veelpartykoalisie in Ekurhuleni te verlaat en 'n opposisierol hier in te neem.

Die party het Maandag aangekondig hul lede gaan nie beskikbaar wees vir die hersaamgestelde burgemeesterskomitee in dié metro nie.

Dit volg nadat hulle verlede week nog gestem het om die DA se Tania Campbell as burgemeester te herkies, nadat sy einde Oktober deur 'n mosie van wantroue verwyder is.

Die EFF het hul oog op die burgemeesterposisie gehad, maar uiteindelik saam met die veelpartykoalisie gestem nadat 'n ooreenkoms met die ANC platgeval het.

Paid Content