AfriForum-verslag: Byna 30 dorpe, stede se drinkwater onveilig
Krugersdorp, Gauteng - Minstens 28 dorpe en stede in Suid-Afrika se drinkwater is nie veilig vir menslike gebruik nie.
Dis volgens AfriForum se jongste blou-en-groendruppel-verslag.
Sowat 20% van die land se waterstelsels is vir die bloudruppelprojek getoets.
Vir die groendruppelprojek is monsters by 150 rioolsuiweringsaanlegte geneem.