As deel van Afrikaans se 100ste verjaarsdag as amptelike taal word nege reuseletters wat die woord "Afrikaans" uitspel tans by die Taalmonument in die Paarl uitgestal.
Die Afrikaans Amptelik 100-lettertoer is 'n projek van die Solidariteit-Beweging en die letters is met 'n vragmotor van Centurion na die Paarl vervoer.
Die letters sal later na Gauteng teruggeneem word waar dit ook deel van die noordelike vieringe gaan vorm.
Daar word beplan om die letters uiteindelik permanent by die Vooortrekkermonument in Pretoria uit te stal.