Agterstand met rybewyse uitgewis, hernuwingstydperk sal hersien word

MIDRAND - Rybewyse gaan dalk binnekort langer as vyf jaar geldig wees.

Die minister van vervoer, Fikile Mbalula, het Vrydag gesê hy gaan die kabinet se goedkeuring vra om die hernuwingstydperk vir bestuurslisensies te verleng na tussen agt tot tien jaar.

Daar is ook sprake van 'n nuwe lisensiekaart.

Mbalula sê verder die agterstand met rybewyse wat aan die Covid-19-pandemie en 'n stukkende masjien te wyte was, is nou uitgewis.

You May Also Like