DStv Channel 403 Monday, 10 February 2025

Al hoe meer jong veeartse wil landuit

PRETORIA, GAUTENG - 'n Tekort aan veeartse in Suid-Afrika hou 'n bedreiging vir voedselsekerheid en openbare gesondheid in.

Die Suid Afrikaanse Veterinêre Vereniging sê die tekort kan lei tot onvoldoende dieresorg en 'n verhoogde risiko vir siektes.

Luidens 'n onlangse peiling deur die vereniging wil meer as die helfte van Suid-Afrika se jong veeartse eerder hul heil oorsee gaan soek.

Daar word boonop nie genoeg veeartse opgelei nie, maar die land se enigste opleidingsinstansie het nie plek vir nog studente nie.

Eugenie Gregan het dié verslag saamgestel.

You May Also Like