Die familie van 'n paramedikus wat al langer as vyf jaar gyselaar gehou word, is optimisties dat hernieude pogings om hom huis toe te bring, sal slaag.
Gerco van Deventer is in 2017 in Libië ontvoer en word tans deur Al-Kaïda in Mali aangehou.
Hulle eis 'n losprys van 500 000 Amerikaanse dollar.
'n Onderhandelaar van die organisasie Gift of the Givers, wat die familie bystaan, het onlangs in Mali geland en reeds met sleutel-tussengangers kontak gemaak.