Annelie Botes: "Haar goue vertelstem het lesers laat lag én huil"
Annelie Botes is onthou vir haar ontroerende stories en haar liefde vir haar lesers.
Botes is in die ouderdom van 67 oorlede.
Sy was een van die gewildste skrywers in Afrikaans en is bekend vir romans soos Thula-Thula en Raaiselkind.
Die ATKV-prosaprys is vir die roman Klawervier aan haar toegeken.
Botes het die laaste paar jaar 'n gesondheidstryd gevoer.