Kaapstad, Wes-Kaap - Hoe help 'n mens iemand wat nie kan sien, hoor of praat nie om sin te maak van die wêreld en betekenisvol te leef?
In 1887 het Anne Sullivan dit reggekry, toe sy 'n jong Helen Keller gehelp het om 'n taal te vind.
'n Nuwe verwerking van dié twee vroue se verhaal was ook by die Suidoosterfees op die planke, nadat dit vroeër vanjaar by die KKNK gedebuteer het.
En "Annie + Helen" het resensente én gehore in vervoering.