'n Nuwe boek nooi wit Suid-Afrikaners uit om verantwoordelikheid vir sistemiese ongelykheid te neem, en die moed te hê om 'n aktiewe rol te speel om die stelsel af te takel.
Lidia Rauch, die kleindogter van een van die langs-dienende apartheids-ministers, sê sy hoop haar memoir, kan 'n vonk wees vir mense om anders oor versoening in die land te begin dink.