VEREENIGING, GAUTENG - 'n Onseker Kersfees en nuwe jaar lê vir duisende ArcelorMittal-werkers voor.
Die staalreus het met 'n grootskaalse afleggingsproses begin.
Dit volg nadat hulle onlangs aangekondig het dat hulle langstaalaanlegte in Newcastle en Vereeniging gaan sluit.
Dié besluit raak sowat 3 500 werknemers.