Die sogenaamde Afrikanerverklaring is onlangs bekendgestel.
Dit word bestempel as die eerste verklaring van sy soort sedert die aanbreek van demokrasie 30 jaar gelede.
‘n Groep organisasies, soos die Solidariteit-beweging, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en die Afrikanerbond, het dit reeds onderteken, en hulle het individue gevra om dieselfde te doen.