Bandelierkop vra hulp ná verwoestende brande

Gemeenskappe in Limpopo pleit om hulp nadat dié provinsie die afgelope naweek onder verwoestende brande deurgeloop het.

Inwoners van Phalaborwa kom nog tot verhaal nadat 12 huise Saterdag afgebrand het en verskeie ander skade opgedoen het.

Die beroepsjagter Alex Osmers is Sondag in die hospitaal dood nadat hy 'n brand by sy huis probeer bestry het.

Die dorp is ná die verwoesting tot rampgebied verklaar.

Duisende hektaar het Saterdag ook in die Bandelierkopgebied buite Louis Trichardt afgebrand.

Paid Content