Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, se begrotingsrede is tot 12 Maart uitgestel na onenigheid in die regering van nasionale eenheid.
Die partye in die regering kon nie eenstemmigheid bereik oor 'n voorgestelde verhoging van twee persentasiepunte in belasting op toegevoegde waarde nie.
Minister Godongwana het sommige partye van oneerlikheid beskuldig.
Hy het die Vryheidsfront Plus by die naam genoem en beweer boonop 'n minister het vooraf vertroulike ingligting oor die begroting aan die media uitgelek.
Professor Dirk Kotzé van Unisa het by eNuus aangesluit om oor dié dramatiese verwikkelinge te praat.