BONTEHEUWEL, WES-KAAP - Die Wes-Kaapse polisie ondersoek die dood van 'n bejaarde vrou wat deur haar bure se twee pitbulls aangeval is.
Die 88-jarige Olga Grill is dood toe die honde haar erf binnegekom het en haar verskeur het.
Die honde is deur die Stad Kaapstad se Dierebeheer-eenheid verwyder.