Die Wes-Kaapse regering sê hulle het 'n pro-aktiewe inentingsplan in werking gestel om verdere gevalle van bek-en-klouseer te verhoed. Veeartse het met 'n reuse inentingsprogram in Fisantekraal, net buite Kaapstad begin. Die minister van landbou, John Steenhuisen, die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, en die LUR vir ekonomiese ontwikkeling, Ivan Meyer, het die verrigtinge bygewoon. eNuus se Kevin Brandt was daar.