Die beste boerewors in die land word in Bryanston in Johannesburg gemaak.
Die 33-jarige Dean de Sousa is vandag as die Championship Boereworskampioen gekroon. Die ikoniese kompetisie is vanjaar vir die 34ste keer gehou, om die land se beste boereworsresep te vind.
eNuus se Eugenie Gregan het gaan proe.