GERMISTON, GAUTENG - Nie-winsgewende organisasies gaan nié gaan lê ná die Gautengse departement van maatskaplike ontwikkeling se besluit om hul befondsing te besnoei nie.
eNuus het vroeër berig organisasies wat fokus op bejaardes, kinders en mense met gestremdhede is onlangs ingelig programme vir veral alkohol- en dwelmmisbruik gaan voortaan geprioritiseer word.
'n Krisiskomitee is intussen hieroor gestig.
Hulle het vandeesweek 'n memorandum aan die departement oorhandig waarin hulle vra dat die besluit omgekeer word.
Eugenie Gregan het met nog 'n organisasie gesels wat sê die besluit kan hulle kelder.