BENONI - Die laer beurtkragfases van die afgelope week is 'n skrale troos vir klein besighede.
'n Bekende kaasmakery aan die Gautengse Oos-Rand het vroeër die maand hul deure gesluit.
Die eienaars van The Summit Creamery het deur die Covid-19-pandemie vasgebyt en daarna al hul hulpbronne gebruik om ook 'n koffiewinkel te begin.
Maar die aanhoudende kragonderbrekings was die laaste strooi.