DStv Channel 403 Tuesday, 23 April 2024

Beurtkrag lei moontlik tot ma en baba se tragiese branddood

Die Stad Kaapstad doen nou 'n beroep op inwoners om hul elektriese toestelle tydens beurtkrag af te skakel.

KAAPSTAD, WES-KAAP - ’n Hartverskeurende tragedie het ’n gesin van Kensington in Kaapstad getref.

’n Ma en haar 16 maande oue baba is dood nadat hulle sinkhuis aan die brand geraak het.

Die oorsaak van die brand word ondersoek, maar daar word vermoed dit het ontstaan kort nadat beurtkrag in dié gebied geëindig het.

Paid Content