Blind SA hou optog vir oorgrens-uitruil van boeke

PRETORIA - Blind SA het Dinsdag saam met Section27 en ander organisasies 'n optog gehou om te eis dat boeke meer toeganklik vir blinde en visueel gestremde mense gemaak word.

In 'n memorandum wat aan verskeie departemente oorhandig is, vra hulle dat die regering die Marrakesj-verdrag bekragtig.

DiƩ verdrag fasiliteer die produksie en internasionale verspreiding van gepubliseerde werke vir mense met visuele gestremdhede.

Die verdrag is 10 jaar gelede aanvaar, maar Suid-Afrika het dit nog nie in wetgewing vervat nie.

You May Also Like