PRETORIA - Vier skoolhoofde en twee adjunkhoofde van Pretoria is Donderdag saam met ander lede van die gemeenskap in hegtenis geneem.
Hulle is uiteindelik ná grootskaalse steun van inwoners vrygelaat.
Dié komplot was als deel van die radiostasie Pretoria FM se inisiatief om mense aan te moedig om bloed te skenk.
Junie is Nasionale Bloedskenkmaand en elke eenheid wat geskenk is, het die gevangenes se vrylating help bewerkstellig.