DStv Channel 403 Tuesday, 14 January 2025

Blouligpolisie-beskermingseenheid rand lede van publiek op N1-snelweg aan

Daar was skok, woede en veroordeling oor 'n video wat toon hoe lede van adjunkpresident Paul Mashatile se blouligpolisie-beskermingseenheid lede van die publiek langs die N1-snelweg in Johannesburg aanrand.

Mashatile, wat glo nie tydens die aanval teenwoordig was nie, sê in 'n verklaring hy verafsku enige onnodige gebruik van geweld, veral teen ongewapende burgerlikes.

Die nasionale polisiekommissaris het onderneem om ondersoek in te stel.

Paid Content