DStv Channel 403 Thursday, 25 April 2024

Bokslegende, Gerrie Coetzee, dood op 67

Sy vriende onthou hom as 'n nederige, saggeaarde man wat die ekstra myl vir sy geliefdes gestap het.

Die "Boksburg Bomber" Gerrie Coetzee se nederigheid en saggeaardheid búite die kryt is uit alle oorde geloof.

Coetzee is Donderdag op 67-jarige ouderdom oorlede.

Hy is 'n week gelede met longkanker gediagnoseer.

Coetzee was een van die land se bekendste boksers en het 'n brons in die presidensiële Orde van Ikhamanga ontvang vir sy bydrae tot die sport in Suid-Afrika.

Paid Content