DStv Channel 403 Friday, 11 October 2024

Boodskap vir Wêreld Serebraal Gestremdheidsdag: “sit terug, gedenk die dag”

6 Oktober was Wêreld Serebraal Gestremdheidsdag.

Die fokus is in 2022 op toeganklike tegnologie-oplossings om die lewens van meer as 17 miljoen mense wêreldwyd, wat serebraal gestremd is, makliker te maak.

Organiseerders van dié dag sê serebrale gestremdheid, 'n permanente toestand wat beweging beïnvloed, is die mees algemene gestremdheid onder kinders.

Tog is daar steeds 'n groot gebrek aan kennis daaroor.

Julius van der Wat is 'n serebraal gestremde spastiese kwadrupleeg van Johannesburg, en ook 'n sportman, kunstenaar en Loslitdag-ambassadeur.

Hy deel dié boodskap.

Paid Content