Elsiesrivier, Wes-Kaap - Wes-Kaapse kerkleiers het die polisie gevra om in te gryp nadat verskeie kerke deur vandale en bendelede geteiken is.
Hulle sê veral die Evangelies-Lutherse Kerk in Elsiesrivier het die afgelope tyd erg deurgeloop.
Die kerkleiers én inwoners is bekommerd oor die toename in onwettige vuurwapens in die gemeenskap.