Brande in Noord-Kaap maak boere erg benoud

“Dis ‘n geweldige groot ramp, ons diere het nie weiding nie”

Verwoestende veldbrande woed steeds buite beheer op verskeie plekke in die Noord-Kaap.

Die gebied tussen Kuruman en Daniëlskuil is veral erg geraak, met minstens 130 000 hektaar weiding wat verwoes is en meer as 60 plase wat geraak is.

Een plaashuis en twee werkershuise is vernietig, en sowat 30 boerbokke en talle beeste het doodgebrand.

Agri SA sê hulle is dankbaar dat daar geen verlies aan menselewens is nie, maar weiding vir vee gaan nou 'n groot uitdaging wees.

Meer inligting oor die hulpleniging is op Agri Noord-Kaap Stigting se webblad by agrinc.org.za 

Paid Content