Byeboere in veral Limpopo en Noordwes is onder beleg van heuningdiewe.
In 'n onlangse voorval het Magalies Bye derduisende rand se skade gely toe 200 van hulle kaste op 'n plaas naby Bela-Bela oopgebreek en die heuning gesteel is.
Dit nadat hulle kaste ook verlede jaar in Noordwes geplunder is.
Die boere vermoed 'n sindikaat sit agter dié misdade en meen die polisie het nie genoeg kennis of mannekrag om die probleem te takel nie.