DStv Channel 403 Friday, 26 April 2024

Cele “gevaar vir die samelewing"

Die DA sê dis 'n skande dat die president verklaar het dat hy het steeds vertroue in Bheki Cele het.

PRETORIA - Die DA sê die minister van polisie, Bheki Cele, is 'n gevaar vir die samelewing en eis dat hy onmiddellik afgedank word.

Die party se veldtog om van die minister ontslae te raak, is Dinsdag voortgesit toe DA-lede na Cele se kantoor in Pretoria opgeruk het.

Die minister se woordvoerder het by navraag dit 'n politieke foefie genoem, en aan eNuus gesê hulle wens dié energie word eerder gebruik vir gesprekke oor hoe om die land te beveilig.

Paid Content