DStv Channel 403 Wednesday, 24 April 2024

Charlize Theron se uitlatings oor Afrikaans maak opspraak

Was haar uitlating dat daar slegs "sowat 44 sprekers" oor is tong in die kies?

Die afgelope paar dae is sosiale media nie nét aan die gons oor politiek, dienslewering en sport nie, maar ook oor Suid-Afrika se eie Oscarwenner uit Benoni, Charlize Theron.

Theron het haar talle Afrikaanssprekendes se gramskap op die hals gehaal toe sy in 'n Amerikaanse podsending uitgevra is oor Afrikaans, en onder meer gesê daar is net "sowat 44 sprekers" oor, en dat dit 'n sterwende taal is.

Maar ander kommentators het wal gegooi, en gesê Theron se opmerkings op dié humoristiese podsending is buite konteks aangehaal, en dat sy allermins ernstig was.

Paid Content