Johannesburg, Gauteng - Twee voormalige lede van die destydse veiligheidstak van die polisie gaan vervolg word vir misdade teen die mensdom.
Die Hooggeregshof in Johannesburg het Christiaan Rorich en Tlhlomedi Mfalapitsa se aansoek om nie op diƩ aanklagte vervolg te word nie, van die hand gewys.
Rorich en Mfalapitsa word daarvan beskuldig dat hulle in 1982 die sogenaamde Cosas-4 in 'n lokval in die township Kagiso gelei het.